Africa!Ignite

VOORBEELD VAN SUID-AFRIKAANSE KONTEMPORÊRE ONTWERPERS WAT TRADISIONELE TEGNIEKE GEBRUIK.

Africa-ignite-1Africa-ignite-7Africa-ignite-2

 

 

DIE TRADISIONELE TEGNIEKE, METODES EN MATERIALE WAT GEBRUIK WORD:

Africa-ignite-3

Ingewikkelde tradisionele handgehekelde patrone word op herwinde mieliesakke vasgewerk in ‘n verskeidenheid patrone, reghoeke, strepe, ruite, blomme en visontwerpe wat dan op ‘n katoen- of polikatoen-agtergrond vasgewerk word om kontemporêre kussings te skep.

 

 

 

Africa-ignite-8

Africa!Ignite’s Langazela kussings:

Die 100% katoen-agtergrond is beskikbaar in geel of

turkoois, terwyl die polikatoen-agtergrond in ‘warm’ pienk, heldergroen of vlootblou kom.

Hierdie kussings is al by die Design Indaba Ekspo uitgestal asook by die Ambiente Trade Fair in Duitsland

 

Africa!Ignite’s Langazela kussings

 

Africa-ignite-9
CREDIT: www.designindaba.com/articles/creative-work/

SOSIOKULTURELE BYDRAE: Africa!Ignite verskaf ondersteuning aan omtrent ‘n 1 000 handwerkers dwarsoor KwaZulu-Natal se verarmde hartland met sy ongangbare terrein, swak infrastruktuur, baie hoë werkloosheidsyfer en hoë voorkoms van MIV/Vigs.

Die landelike handwerk-organisasies is groepe van meestal vroue, wat saam organiseer om kralewerk te produseer en toegang tot die plaaslike mark vir hul handwerk te kry.

Die meerderheid van hul lede is enkelmoeders wat die inkomste van die handwerk gebruik om vir hul gesinne en dikwels die weeskinders van ander in die gemeenskap te sorg.

 

HOOFDOELWITTE:

Een van Africa!Ignite se hoofdoelwitte is om geleenthede vir handwerkkoöperatiewe te skep en informele handwerkgroepe, gestig deur groepe vrouehandwerkers, te laat groei na meer as net ‘n bestaan na ‘n volhoubare en winsgewende onderneming.

By elke handwerkmiddelpunt kies handwerkgroepe ‘n verteenwoordiger wat as tussenganger met Africa!Ignite optree.

Hierdie verteenwoordiger kommunikeer met die groepe en hou toesig oor die produksie, gehaltebeheer en finansiële administrasie van die groep. Sodoende word hulp met produkontwerp en -ontwikkeling verleen.

 

 

error: Content is protected !! CONTACT US to request content. Membership required.
× How can I help you?