Africa Ignite

VOORBEELD VAN  SUID-AFRIKAANSE KONTEMPORÊRE  ONTWERPERS: Ingewikkelde tradisionele handgehekelde patrone word  op  herwinde  mieliesakke vasgewerk  in ‘n verskeidenheid  patrone, reghoeke,  strepe,  ruite, blomme en  visontwerpe  wat dan op ‘n katoen- of polikatoen-agtergrond  vasgewerk  word  om kontemporêre kussings te skep.

Africa-ignite-1Africa-ignite-7Africa-ignite-2

KONTEMPORÊRE  ONTWERPERS WAT  TRADISIONELE TEGNIEKE  GEBRUIK.

DIE TRADISIONELE TEGNIEKE, METODES  EN MATERIALE WAT GEBRUIK WORD:

Africa-ignite-3

Ingewikkelde tradisionele handgehekelde patrone word  op  herwinde  mieliesakke vasgewerk  in ‘n verskeidenheid  patrone, reghoeke,  strepe,  ruite, blomme en  visontwerpe  wat dan op ‘n katoen- of polikatoen-agtergrond  vasgewerk  word  om kontemporêre kussings te skep.

 

 

 

Africa-ignite-8

Africa!Ignite’s Langazela kussings:

Die 100% katoen-agtergrond is beskikbaar in geel of

turkoois, terwyl die polikatoen-agtergrond in ‘warm’ pienk, heldergroen of vlootblou kom.

Hierdie kussings is al by die Design Indaba Ekspo uitgestal asook by die Ambiente Trade Fair in Duitsland

 

Africa!Ignite’s Langazela kussings

 

Africa-ignite-9
CREDIT: www.designindaba.com/articles/creative-work/

SOSIOKULTURELE BYDRAE Africa!Ignite verskaf ondersteuning aan omtrent ‘n 1 000 handwerkers dwarsoor KwaZulu-Natal se verarmde hartland met sy ongangbare terrein, swak infrastruktuur, baie hoë werkloosheidsyfer en hoë voorkoms van MIV/Vigs.

Die landelike handwerk-organisasies is groepe van meestal vroue, wat saam organiseer om kralewerk te produseer en toegang tot die plaaslike mark vir hul handwerk te kry.

Die meerderheid van hul lede is enkelmoeders wat die inkomste van die handwerk gebruik om vir hul gesinne en dikwels die weeskinders van ander in die gemeenskap te sorg.

 

HOOFDOELWITTE:

Een van Africa!Ignite se hoofdoelwitte is om geleenthede vir handwerkkoöperatiewe te skep en informele handwerkgroepe, gestig deur groepe vrouehandwerkers, te laat groei na meer as net ‘n bestaan na ‘n volhoubare en winsgewende onderneming.

By elke handwerkmiddelpunt kies handwerkgroepe ‘n verteenwoordiger wat as tussenganger met Africa!Ignite optree.

Hierdie verteenwoordiger kommunikeer met die groepe en hou toesig oor die produksie, gehaltebeheer en finansiële administrasie van die groep. Sodoende word hulp met produkontwerp en -ontwikkeling verleen.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !! CONTACT US to request content. Membership required.
× How can I help you?