MIELIE (Afrikaans)

mielie-02

Read in ENGLISH…

Mielie Design is gestig deur Adri Schutz.

mielie-03
Sy lewer sakke, bykomstighede en toebehore vir die huis gemaak van herwinde materiaal, bv. ou katoen waar moontlik. Sy gebruik enige kleur wat toevallig gekies word, bv. hergebruik sonder om weer te kleur. Sy gebruik verskillende motiewe vir die sakke om op hoogte te bly met internasionale modes en kleurtendense .
Mielie-handsak
Die handsak is gemaak van repe herwinde materiaal. (Herdink/ herskep/hermaak)
 
Helder kleurig  bv. rooi, geel, ens. word gebruik.
 
Geknoopte katoen word gebruik as metode om die ontwerpe te skep.
 

Kubisvormige opgestopte kussings – ‘blokstoel’

mielie-04
Die ottoman is gemaak van repe materiaal wat geknoop is.
Dit word gemaak van helderkleurige afval materiaal (bv.
rooi en groen, ens.) Katoen word geknoop.
Sosiale verantwoordelikheid:
Adri spreek die sosiale-kwessie van werkloosheid aan. Sy spandeer tyd deur met nuwe tegnieke te eksperimenteer wat handgemaakte werk en
-tegnieke insluit. Die gebruik van die fabriekmasjinerie word ten alle koste
vermy ten einde meer werksgeleenthede te skep. Sommige produkte word geweef
en sommige word gebrei afhangende van watter tegniek vir die ontwerp werk.
Omgewings verantwoordelikheid:
Die vervaardigingproses sluit ook “groen”-tegnieke in soos die fabriekmasjinerie wat  ten alle koste
vermy word.Die omgewing word dus nie benadeel met die gebruik van energie afkomstig van
masjinerie/gas / besoedeling, ens. nie. Sy gebruik katoenweefsel  wat afbreekbaar is.
Die handvatsels word gemaak van rottang (volhoubaar, indien dit goed opgepas word) en soms van leer (organiese materiaal).

Die produkte word bewustelik ligter gemaak, meer duursaam en wasbaar.

 

*Februarie /Maart 2009 NSS

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !! CONTACT US to request content. Membership required.
× How can I help you?

VIDEO: MIELIE - South African Crafts Group (Founder: Adri Shutz)

MIELIE Designs